wie is ons?

​SPEELSPEEL Skool ontstaan toe die eienaar, Rozelle, dit nie oor haar hart kon kry om haar eie kinders na ‘n kleuterskool toe te stuur nie. Sy begin ‘n klein speelgroepie by haar huis saam met Megan – ‘n onderwysstudent en in daardie stadium haar kinders se au-pair. Twee maatjies het 3 geword, 5 het 7 geword en so het dit organies gegroei. Rozelle het ‘n onstuitbare passie vir kinders en is ‘n hoogs kreatiewe individu. Sy glo dat die alternatiewe Finse metodes (“Finnish Method”) die beste opsie bied vir kinders wat speel en sodoende kosbare lewenslesse leer. Die resultaat? Die lekkerste, lekkerste skool in Pretoria – waar kindertjies speel-speel leer.

Ons passievolle personeel

Ons personeel is daagliks diep onder die indruk dat ons die fondasies lê vir gelukkige, gebalanseerde en suksesvolle volwassenes; terwyl ons hulle kindwees saam met hulle geniet. Ons personeel word fyn gekeur – nie net op grond van ‘n resumé nie, maar veral op hulle vermoë om SPEELSPEEL SKOOL se waardes en visie uit te leef.

Babaklas:  Juffrou:  Susan, Assisstent:  Minolta

(“Ek is vreeslik lief vir kinders en veral babas, ek sal enige iets in my vermoë doen om die babas om my veilig te laat voel.  Om met babas te werk, maak my op my gelukkigste.”)

Persklas:  Juffrou:  Jealise, Assisstent: Sinah

(Jealise:  “Ek het altyd geweet klein kinders was my passie en waarin ek goed is.  Maar aan die begin van hierdie jaar het ek besef dat babas meer my passie is en ek sal nooit ‘n ander ouderdomsgroep meer geniet as die babas nie.)

Oranjeklas:  Juffrou:  Nicolette, Assisstent:  Rucillen

(Nicolette: “Dit is vir my so lekker om te sien hou hulle groei en ontwikkel.  Hoe hulle begin woordjies praat en mens na-aap met wat mens sê en doen.”)

Geelklas:  Juffrou:  Rozelle, Assisstent juffrou: Fransina, Assisstent:  Innocentia, Assisstent: Mikayla

(Rozelle: Die ouderdomsgroep van die Geelklas is absoluut die beste groepie om ‘n juffrou voor te wees.  Hulle liefde is onvoorwaardelik en hulle mis nie iets om hulle nie, altyd so nuuskierig om te voel, vat en proe.  Hulle drukkies is altyd warm.  Ek is mal daaroor om hulle juffrou te wees.”)

Rooiklas:  Juffrou Dalene, Assisstent:  Tryphina

(Dalene:  “Onderwys is my passie veral om met die 2-3 jariges te werk, want hulle is nog so opgewonde oor elke dingetjie, die verwondering in daardie blinkogies wanneer hulle na jou kyk, wanneer hulle iets regkry vir die eerste keer.  Elke glimlag, drukkie en soentjie van hulle maak enige moeilike dag ‘n sonnige dag.”)

Blouklas:  Juffrou Megan, Assisstent:  Emma

(Megan:  “Die maatjies is nou bietjie groter en word “regte mensies”, elk se unieke persoonlikheid begin wys.  Hulle is regte sponsies.  Hulle is so gretig om te leer en neem als in!  Hulle is mal daaroor om stories te vertel en hul kreatiewe denke ontwikkel so mooi op die ouderdom.  Dit is so lekker om te sien hoe hul elke week nog “groter” word en nog nuwe vaardighede leer.”)

Groenklas:  Juffrou Dorinda

(Dorinda:  “Defnitief die satisfaksie om teen die einde van die jaar te sien hoe ‘n kind gegroei het, die satisfaksie om vir hulle iets te leer en hulle kry dit reg, die lekkerte om te sien hoe lief hul jou het en die onvoorwaarlike, vriendelike, liefdevolle groet en drukkies in die oggend.  Die 4-5 jaar groep is vir my lekker want hulle voer ‘n gesprek met temabespreking en vertel die mees interessante stories.  Hulle is so gretig om te leer en kan al werkies makliker doen as die vorige jaar.  Hulle is so amper skoolgereed, en dis vir my lekker.”)

 

Admin:  Marize Roelofse

Kombuispersoneel:  Charlotte en Johanna

Faktotum:  Sipho

Sekuriteit:  Johannes

 

Al ons personeel voldoen aan die nodige kwalifikasies en/of ondervinding.

Al ons personeel is gesertifiseer vir noodhulp.

Ons glo aan die hoogste standaarde en beste kwaliteit – en ons uitstaande fasiliteite en apparaat getuig hiervan.

Die klassies is klein en intiem, wat individuele aandag en gedurige waarneming aanmoedig.