wat is die koste?

Die kostes van kleuterskole en sorgfasiliteite maak ‘n groot gat in ouers se beursies. Daarom is dit belangrik om dubbel seker te maak dat jy jou kind uit die staanspoor by die regte skool inskryf. Wanneer jy besoek gaan aflê by ‘n potensiële skool vir jou kind, kan jy gerus oplet na die volgende faktore wat kostes beïnvloed:

Klaskamers – Oud? Nuut? Genoegsaam? Skoon en veilig?

Speelgronde – Gepas vir alle ouderdomme? Kwaliteit van toerusting? Veiligheid? Higiënies? Onderhoud op die gronde en toerusting?

Opleiding van personeel – Aangaande opleiding oor nuutste ontwikkelings in onderwys? Gesondheid en veiligheid? Ondervinding?

Grootte van klasse – Kleiner klasse en kleiner personeel / kind ratios is noodwendig duurder maar verseker behoorlike aandag en stimulasie.

Veiligheid – Kan jy jou kind met ‘n geruste hart daar laat?

Toevoeging van waarde – Stap die skool die ekstra myl om jou kind op die hande te dra?

 

Luister gerus na ‘n interessante gesprek deur Wilna van Rooyen, kleuterskool kenner, oor waarvoor om uit te kyk wanneer jy ‘n kleuterskool kies:

http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20180823_GROEIPYNE.mp3

 

Speel Speel Skool Kleuterskool Koste

2018:

Babas: (Halfdag OF Voldag)   R4 000.00 per maand
Halfdag:  R3 000.00 per maand
Voldag:  R3 600.00 per maand
Registrasiefooi: (T-hemp ingesluit)   R   800.00
Konsertfooi: (betaalbaar einde September)   R   500.00

 

2019:

Babas: (Halfdag OF Voldag)   R4 200.00 per maand
Halfdag:  R3 150.00 per maand
Voldag:  R3 780.00 per maand
Registrasiefooi: (T-hemp ingesluit)   R   800.00
Konsertfooi: (betaalbaar einde September)   R   500.00

 

Die volgende is INGESLUIT  by maandelikse fooi:

  • Gesonde, gebalanseerde middagete.
  • Gesonde, gebalanseerde middagete (vir babas) – voorberei deur Magies vol Liefde
  • Junior Jives – vir kindertjies vanaf 3 maande tot 3 jaar.
  • EQ4KIDS – vir kinders 3 – 5 jaar.
  • Wetenskap Eksperiment: 2 keer per maand.
  • Bak-en Brou: 2 keer per maand.
  • Skeppende aktiwiteite se benodighede asook “messy play” benodighede.

 

Die volgende is UITGESLUIT  by die maandelikse fooi:

  • ​Alle doeke, melk en “wet wipes” vir babas en kleuters (wat nog doek dra).
  • Kleuters 2 – 5 jaar bring kwartaalliks snesies en “wet wipes”.  
  • Uitstappies. (Die kostes word bereken na gelang van die uitstappie en ouers word vooraf in kennis gestel van die kostes).
  • Fooie word bereken op TWAALF maandelikse paaiemente.
  • Betalings geskied streng voor die 3de van elke maand.
  • 5% afslag op die totale fooi indien vooruit betaal word.